Kontak Besonderhede

ADRES
353 Deystraat,
Nieuw Muckleneuk
(oorkant Anton v Wouw Laerskool)

 

EREDIENSTE SONDAE

Klassieke diens:  09:00
Gesinsdiens:*
 09:00
Kindergroepe:*

ongeveer
10:00
Omi-TaFeL-aanddiens:*  18:00
Tienergroepe en Belydenisklas:*
Net na aanddiens
 
*Slegs in skoolkwartaal  

 

KERKKANTOOR
351 Deystraat
Nieuw Muckelneuk
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
012 460 3913

 

PERSONEEL
Gemeentebestuurder
Willie Botha
082 573 2690

Leraar
André van Niekerk
Rotsvygielaan 295
La Montagne
072 317 0408

Jeugleraar
Ds Rykie Howell
084 205 8707

SEKRETARESSE                                                                                                                                                                                              Estelle van der Vyver
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Tel: 012 460 3913

Gesinsdiens
Harm Kelderman
084 584 5298

Orrelis
Betsie Schaap

082 774 9376

Koster
Jabu Mtau

078 383 8599

Kerkraad voorsitter
Marius van Zyl
082 575 6053

Onder-voorsitter
Leo Conradie
082 449 7526

Kindergroepe
Greta Kok

083 675 3475

Tienergroepe
Friedel van Zyl

082 820 6356

Kermis organiseerder
Mardolene van Hoven

083 443 0254

Gemeentebrief week 21 (27 Mei 2016)

Liewe Lidmaat

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“I will not die an unlived life.

I will not live in fear

of falling or catching fire.

I choose to inhabit my days,

to allow my living to open me,

to make me less afraid,

more accessible,

to loosen my heart

until it becomes a wing,

a torch, a promise.

I choose to risk my significance;

to live so that which came to me as seed

goes to the next as blossom,

and that which came to me as blossom,

goes on as fruit.”

-       Dawna Markova

 

SONDAG 29 MEI 2016 PINKSTERTYD

09:00  Nagmaaldiens olv ds André.  Wandel deur die Gees – en ontvang vreugde

Musiek:  Friena Maritz

            Tee:  Baie dankie aan Babs Lubbe en Martie Moolman

Blomme: Baie dankie aan Annatjie Wessels

09:00  Gesinsdiens met nagmaal in saal olv ds Harm

10:00  Kindergroepe

18:00  Jeugdiens met nagmaal olv ds Rykie.  Tienergroepe net hierna.

 

SNAPSCAN

   

Ons beskik nou oor SnapScan.  U kan die toepassing op u selfoon aflaai en dan gedurende die erediens u offergawes of maandelikse bydraes met SnapScan aan die gemeente oordra. U kan ook allerlei ander betalings (bv winkels en markte) so kontantloos en veiliger doen.  Vir meer inligting kliek hier. 

 

VLEISBESTELLINGS

As deel van ons kermis, begin ons hierdie week met vleisbestellings. Die vleis is prima-gehalte al die pad van Standerton af. 
Ons neem bestellings vir:
- bees- en wildswors @ R80 per kilogram
- beesfillet @ R165 per kilogram
- lamspakke teen R90 per kilogram: 4kg @ R360 en 8kg @ R720. 'n Lamspak sluit in heel boudvleis, heel rib, opgesnyde tjops en blad.
Vir ‘n bestelbriefie kliek hier.  Bestellings kan ook by Estelle in die kerkkantoor geplaas word. 
Bestellings sluit 15 Junie, vir aflewering by die kerk op 23 Junie

 

SEETOER

Baie dankie vir talle lidmate wat bygedra het om vir Nellie en Jabu see toe te kon neem.  Hulle is oorweldig deur alles en het dit baie leersaam gevind en uiteraard geniet!

 

LIEF EN LEED

Ons betuig medelye aan  Danie en Jenny de Villiers en Pieter en Christa de Villiers met die afsterwe van Danie en Pieter se broer, Dawie de Villiers op 16 Mei 2016.  ‘n Dankdiens vir Dawie is Vrydagmiddag op Barkley-Oos gehou.

 

LEES- EN SKRYFKLASSE

Donderdae vanaf 13:15 – 15:15: Engelse lees- en skryfklasse.  Belangstellendes kontak die kerkkantoor 012 460 3913.

 

ADULT EDUCATION AND TRAINING (ABET) OP WEEKSAANDE

Mense met enige moedertaal kom vir onderwys vanaf Vlak 1 (lees en skryf) tot en met Graad 12.  Klasse word vanaf 17:30 tot 19:30 op Maandae – Donderdae aangebied.  Ons het alreeds 6 klasse en 7 onderwysers!  Navrae André (072 317 0408) of Estelle (012 460 3913).

 

BYBELSTUDIE

Bybelstudie op Woensdag 1 Junie om 09:00 in die moederskamer.  “Nou is daar perde… (Openbaring 6)”.

 

VERGADERING

Diensgroep Geloofsontwikkeling en almal wat belangstel kom byeen op Dinsdag 14 Junie 2016 om 18:00 in die gemeentehuis om saam te gesels oor …

 

EREDIENSTE BY OUETEHUISE

•  Princess Christian:  Dinsdag 31 Mei om 10:30 olv ds Willie.

•  Huis Piek:  Woensdag 1 Junie om 09:30 olv ds Willie.

 

LERAARS

  • Indien u ds Rykie benodig, skakel haar 084 205 8707
  • Indien u ds Willie benodig, skakel hom 082 573 2690
  • Indien u ds André by u huis óf by sy huis óf by die kantoor wil ontmoet, skakel kerkkantoor (012 460 3913) of 072 317 0408. 

 

FACEBOOKBLAD

Ons beskik nou oor ‘n Facebookblad.  Om op hoogte te bly van al die kerkgebeure en foto’s, soek Waterkloof gemeente op Facebook.

 

DEBIETORDER

Indien u graag u dankoffer per debietorder aan die kerk wil gee of wil verhoog, kliek hier vir ‘n debietordervorm.

 

NUTTELOOS?

“Good morning starshine, the earth says hello
You twinkle above us, we twinkle below
Good morning starshine, you lead us along
My love and me
As we sing our
Early morning singing song”

 

Hierdie woorde kom uit ‘n liedjie uit die musiekblyspel “Hair”. Soggens as ek in ‘n vertrek in my huis na die sonlig op die muur kyk dan kom die liedjie by my op. Maar dan onthou ek ook dat daardie sonlig op my muur 8 minute gelede van die son vertrek het. So what?

 

Ek sit in die geselskap van ‘n paar mans ‘n paar dae gelede. Die een  merk op “Ons sal vanaand van die planete in die lug kan sien.”

 

“Ja,” voeg ek by, “al van die begin van die jaar af kan ‘n mens al 5 die sigbare (met blote oog) planete sien soggens vroeg – op een slag in die lug. In die Ooste net voor sonsopkoms sien jy al vir Mercurius. Verder op is Venus. Reg bo ons lê Mars en Saturnus in die sterrebeeld Skerpioen en verder wes die grote, Jupiter.”  Dis iets wat nie al te dikwels gebeur dat jy hulle al 5 tegelyk kan sien nie. In 2005 laas. Gelukkig vir ons  in die suidelike halfrond weer in Augustus 2016. Dis nogal spesiaal, dink ek.

 

‘n  Ander man in dieselfde geselskap reageer: “Ag dankie vir die nuttelose inligting. As jy eers een ster gesien het, het jy almal gesien.” en sluit af met ‘n selfvoldane grinnik. So what? Hierdie was nie ‘n  ek-grap-maar-net opmerking nie. Hy was ernstig en selfvoldaan. Ons moet  verstaan hierdie is eintlik maar prul.

 

In die kelders van my gemoed het my mond oopgehang. Ek het beleefdheidsonthalwe nie gereageer nie.

 

Die ruimtetuig, New Horizons, verlaat Aarde in Januarie 2006, oppad na Pluto, die dwergplaneet - die verste planeet in ons sonnestelsel. Hierdie  ruimtetuig beweeg teen 58 536 km/u – die vinnigste wat enige mensgemaakte voorwerp nog ooit beweeg het. Na 9.5 jaar (nege en ‘n half!) bereik dit Pluto Julie 2015 om waarnemings te maak. Nou is dit oppad na die Kuiper-belt.

 

Kyk vanaand weer na die Suiderkruis. Die onderste merker-ster is Alfa Centauri (eintlik 3 sterre wat om mekaar draai. Dis die naaste ster aan ons sonnestelsel – 4,3 ligjare. Dis teenaan ons in kosmos-afstande. Ons Internasionale Ruimtestasie beweeg teen 27 500 km/u om die aarde (elke 90 minute om die aarde). As dit Alfa Centauri toe moet vlieg teen daardie spoed sal dit 165 000 jaar duur. Kan ek maar in ‘n Boeing soontoe gaan? Ja, maar teen ‘n gemiddelde spoed van 800 km/u moet jy 5 805 000 jaar in jou verlof beplan. Enkelvlug. As jy teen 300 000 km/s kan vlieg, sal jy net 4,3 jaar nodig hê.

 

Ons ster, die Son, wie se lig 8 minute neem om teen my kamermuur te kom sit, is groter as ons planeet. Om die waarheid te sê, daar sal 1.3 miljoen Aardes in die son inpas. Maar daar is sterre daar buite wat ons son na ‘n stippeltjie laat lyk. Die grootste een tot dusver raakgeloop is UY Scuti in die konstellasie Scutum – 9 500 ligjare van ons af. Nou moet jy eers sit……  Sit jy? Hierdie ster is 1708 keer groter as ons son…. Daar is bietjie spekulasie oor Scuti se grootte - dit kan moontlik die baan van Saturnus insluit as jy Scuti in ons son se posisie sou plaas. Maar definitief Jupiter se baan.

 

Ons galaksie, die Melkweg, het ongeveer 200 000 miljoen sterre (ten minste – daar mag meer wees). Daar is ten minste 100 000 miljoen galaksies in ons sigbare heelal. Die naaste galaksie aan ons is ons buurvrou, Andromeda (‘vrou’, want Andromeda is ‘n dame in die Griekse mitologie). Sy is 2 keer so groot soos die Melkweg en 2.4 miljoen ligjare van ons af.

Jy kan haar met die blote oog sien in die noordelike halfrond.

 

Kyk op YouTube na ‘n video by die volgende skakel https://youtu.be/udAL48P5NJU , met die titel “Gigapixels of Andromeda (4K)”, van foto’s wat deur die Hubble ruimteteleskoop geneem is van haar. Sy is imposant. Dis ‘n reeks foto’s wat geneem is oor ‘n tydperk met die meeste detail nog. Dit dek ‘n gebied van 48 000 ligjare met sowat 100 miljoen sterre.

Nog ‘n paar syfers om jou hopelik nie te verveel nie, maar eerder met ontsag te vul. Kyk na enige skadulyn op die grond en sien hoe dit beweeg. Dit verteenwoordig ‘n beweging van 1600 km/u. Dis hoe vinnig die aarde om sy as draai en die “son deur die lug beweeg”.

 

Jy het seker al gehoor mense praat van ons “free ride around the sun”. Hulle is reg – ons ruimteskippie (dis maar wat Aarde is) doen dit teen 107 200 km/u om die son.

Ons son met sy planeet beweeg saam met die hele Melkweg om dié se as teen 792 000 km/u.

 

En deur die heelal beweeg ons Melkweg teen 2 160 000 km/u gemeet aan die kosmiese agtergrond-straling.

 

Kom ons los al die syfers nou vir eers. “Too much information” sal sommiges sê. Ek het ‘n “star gazer” geword. Selfs al gaan bêre ek gou my motor in die garage saans, sit ek gou my bril op om die skouspel bo my beter te kan sien. Af en toe pluk ek my verkyker ook uit. En as ek so boontoe kyk dan eggo dit êrens in my gemoed “waar sal my hulp vandaan kom?”. Waar het ek dit al vantevore gehoor? En dan syfer nog ‘n gewaarwording deur na my: “wie is ek dat daar aan my gedink word?” Ook êrens al gehoor.

 

Immanuel Kant word beskou as die grondlegger van die moderne filosofie en het per geleentheid oor dié goed gereflekteer:

“Two things that fill the mind with ever new and increasing admiration and awe: the starry heavens above me and the moral law within me.

Reflection upon these things lead our minds to contemplate God himself – the moral law revealing his goodness, the heavens revealing his power.”

 

Dit mag wees dat hierdie goed jou nie noodwendig interesseer nie en dat jy nie daarin wil opgaan nie. Dit verstaan en eerbiedig ek. Dalk is jou ding iets anders. Dis goed so – ons het dit ook nodig.

 

En tog … Kyk tog maar bietjie dieper en verstaan meer wanneer jy elke aand die Orion, die Skerpioen, die Groot Hond, die Tweeling sien.

Die nut hiervan vir my alledaagse lewe? Dit gaan my nie help om maandelikse rekeninge te betaal of om die verstopte drein oop te kry nie, nee. Maar ons word tog geroep om die skepping in al sy voorkomste te verstaan en te benut en ons horisonne te verbreed.

 

Én dit kweek ‘n lewensingesteldheid van verwondering, glo ek beslis.

 

Dis nuttig.

 

Harm Kelderman

 

Dankie vir julle kommentaar.  Stuur asseblief vir my (a) name van lidmate wat ongesteld is; (b) kommentaar oor hierdie brief en (c) e-posadresse (bv u man/ vrou/kind/lidmaat oorsee) waarheen ons die brief kan stuur. U kan hierop net “reply”.

 

Seënwense vir jou naweek - Estelle van der Vyver

 

 

 

Hierdie week se Liturgie

Liturgie

Liturgie 29 Mei 2016

Read more

Hierdie week se Gemeentebrief

Gemeentebrief

Gemeentebrief week 21 (27 Mei 2016) Liewe Lidmaat   GEDAGTE VIR DIE WEEK “I will not die an unlived life. I will not live in...

Read more

Hierdie week se Bulletin

Bulletin

Bulletin 29 Mei 2016

Read more

Boodskappe en bybelstudies

Boodskappe en bybelstudies

Waar op dees aarde vind mens God? Waar op dees aarde vind mens God? Dalk deur godsdienspoorte se hoofde op te...

Read more

Tiendemaand dankoffer

Tiendemaand-dankoffer

Tiendemaandbrief 2015 Jaarverslag 2015 Debietordervorm

Read more